Hoekom is jy in n verhouding?

Baie mense is nie bereid om regtig eerlik met hulself te wees as dit kom by verhoudings nie. Soos byvoorbeeld om vir jouself te vra hoekom is jy in n verhouding en wat soek jy daaruit? Doen jy dit vir jouself of om seker te maak jy het iets soos ñ “relationship status“? Pas julle regtig by mekaar en maak julle mekaar gelukkig? Of is jy in ñ verhouding omdat jy bang is jy nie iemand anders sal kan kry of omdat jy bang is dat jy alleen gaan oud word?

Net jy en jy alleen kan die vrae beantwoord. Jy as mens het n groot verantwoordelikheid om jou lewens maat reg te kies. Dit wat jy wil hê en dit wat jy werklik nodig het is twee verskillende goed. So wees eerlik met jouself oor wat jy regtig nodig het in jou lewe in plaas van dit wat jy wil hê.

Jy het n roeping op jou lewe en jou lewens maat moet dit kan respekteer. Julle moet mekaar kan help om die mense te wees wie God julle geroep het om te wees. As jou maat nie dit kan verstaan en jou help om daardie mens te wees nie en saam met dit jou onvoorwaardelik lief kan hê nie dan stel ek voor jy wees eerlik met jouself en jou maat oor waarheen julle oppad is. Moenie mekaar se tyd mors nie.

Alles gaan nie net oor trou en kinders kry nie. Alles gaan ook nie net oor jou nie. Jy het n verantwoordelikheid om die roeping op jou lewe te respekteer en uit te leef. Die res kom van self op die regte tyd en plek.

Só, hoekom is jy in n verhouding en waarheen gaan dit?

Kommentaar is gesluit.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: