Is daar iets soos “Die een” vir my?

Dit is n vraag wat ons almal al gevra het of oor gewonder het. Daar is so baie al gesê hieroor dat dit my soms bang maak as ek hoor wat mense kwyt raak. Glo my ek is nie onskuldig nie, ek het ook al in ñ struk of drie getrap. Ons moet verstaan dat die liedjies wat ons na luister en movies wat ons kyk en die boeke wat ons lees ñ baie groot rol speel hier. Hoekom? Want dit vorm jou raam werk soos jy meer en meer tyd daarin spandeer. Dit wat ons raak lees, hoor of sien is ongelukkig nie altyd die waarheid of die werklike realiteit nie.

Ek het my droomman in my drome gehad en my “man crush” ook. Ek het lysies gehad met alles op wat ek in n man gesoek het. Snaaks genoeg, ek het n paar keer toe wel die “droomman” gevind, of so het ek gedink. Tot my teleurstelling was my drome altyd beter as die realiteit. My lysies het ook gekom en toe ook gegaan want ek moes op die harde manier leer dat dit wat ek wil hê (wat so mooi op my lysies gepronk het ) en wat ek regtig in n lewens maat nodig het, is nie dieselfde nie. Ek het gevat wat ek wou hê maar dit het nooit vervulling gebring nie, net nog seer. Ek het nie net sommer geweet wat ek nodig gehad het nie, ek moes leer wat dit is en hoekom. Ek het n hele paar foute gemaak voor ek dit agter gekom het, ek hoop ek kan jou n paar foute help spaar.

So, om jou te help; kry die hele “die een ” ding uit jou kop uit. Hier is n ander manier om daarna te kyk. Die Here gaan verskillende soort mense oor jou pad stuur in verskillende seisoene van jou lewe. Hy het vir jou  ñ vrye wil gegee om te kan kies wat jy wil hê. Jou verantwoordelikheid is om Hom te vra vir wysheid, insig en onderskeiding waneer jy jou besluit maak. Hy sal vir jou wys waar is die oop deure en waar is die toe deure. Jy kan dit baie duidelik voel waneer jy baie eerlik is met jouself.

Gaan sit en dink oor wat se kwaliteite jy in n lewens maat soek. Vra ook jouself hoekom jy elke kwaliteit het op jou lys, wat is elkeen se rede? Bespreek dit met iemand ouer en wyser as jy. Verkieslik iemand wat gelukkige huwelik het en hoor wat is hulle opinie. Eet die vis en spoeg die grate uit van dit wat hulle sê. Leer by hulle. Vra baie vrae. Moenie skaam wees om vrae te vra nie, jy moet ondersoek instel sodat jy kan leer. Dit is baie onrealisties om op jou bakkies te sit en wag dat “die een” op jou voorstoep gaan opdaag. Jy gaan jou hart moet oop maak en n kans vat op liefde, op n Godelike verantwoordelike manier. Maak seker jou kwaliteite is realisties. Ek daag jou uit om die Here te vra dat Hy jou sal wys wat jy nodig het.

As jy nie nóu daarmee kan saam leef om “single” te wees nie gaan jy dit nie regkry om saam iemand anders ook bý te leef nie want dit raak n uitdaging. Het jy al gehoor mense sê trou is nie perde koop nie? Dit is nie. Die denamika van verhouding is nie altyd maklik nie. Dis konstante werk. Waneer jy in n verhouding in beweeg gaan jy sien hoe selfsugtig jy eintlik is, want dan gaan dit nie meer net oor jou nie.

Om saam te vat, gaan sit en dink mooi oor wat jy in die lewe wil hê en bereik. Bid daaroor as jy so voel. Kies jou lewens maat volgens die roeping op jou lewe. Die persoon wat jou gaan help om die man of vrou te wees wie jy geroep is om te wees. Iemand wat jou gaan lief het net soos jy is. Iemand wat jou gaan lief hê selfs waneer jy dit nie verdien nie. Iemand wat vir jou Jesus sal wys. Maar voordat jy daai persoon kies liewe mens. Maak net seker jy bring dieslefde wat jy verwag na die tafel toe. Wees jy klaar “die een” en die regte persoon sal waneer jy dit die minste verwag jou pad kruis.

Ek los julle met die woorde wat n impak in my lewe gemaak het:

“Choose your love, and then, then you love your choice. But when you choose, choose wisley.”

 

Trust-is-a-Must-Why-Trust-is-Important-in-a-Relationship

One thought on “Is daar iets soos “Die een” vir my?

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: