Besef wat jy werd is

Om eerlik te wees, besef jy regtig wat jy werd is? As jy wel doen, sal jy dan jouself besig hou met die dinge en mense soos jy tans doen? Wat se soort mense omring jy jouself mee en hoe kies jy om op te tree waneer jy om hulle is? Hoe kies jy om jouself te sien? En oor jouself te dink?

Geen persoon het die reg om jou identiteit by jou te vat nie, maar tog laat ons dit toe en gee dit sommer soms self weg. Ons laat toe dat mense se opinies en kritiek ons identiteit bepaal van wat goed genoeg is en wat nie. Gewoonlik besef mense dit eers na die tyd waneer jy voel iets kort binne jou, iets wat dalk daar was voorheen, maar nie meer is nie. Ons gee so maklik stukkies van ons self weg.

Ek sien meer as gereeld mense om my wat dink hulle waarde is in ñ ander persoon. Dit kan ñ heilige plek wees in die huwelik, maar gevaarlike plek voor die huwelik. Dis gevaarlik om afhanklik te wees van ander se woorde of versekering. Waneer julle trou word julle een in vlees en in gees. Julle weet wat julle vir mekaar werd is. Steeds is jou identiteit nie in daardie persoon nie. Jou waarde ook nie. Hulle kan jou tydelik so laat voel, maar waneer jy jou roeping snap en rede vir lewe besef jy vinnig wat jy werd is en hoekom.

Waneer jy nie besef en verstaan wie jý is en wat jy werd is nie sal jy nooit kan ontsnap van ander mense se tonge nie. Hulle woorde sal altyd jou rigting bepaal. Jy sal altyd bly omgee oor wat ander van jou dink. Flip, dit is uitputtend net om hieroor te skryf, wat nog van al die emosies en twyfel en vrese wat n mens toe laat om jou hart en kop oor te neem waneer jy die informasie jou eie maak.

Jy en jy alleen het ñ verantwoordelikheid om uit te vind wie en wat jy is en waarvoor jy geroep is, kom op ñ plek waar jy besef wat jy werd is. You deserve that wich you tolerate. Net jy kan jou omstandighede verander. As jy nog nie weet wat jy werd is nie is dit okay, maar soek! Vind uit! Die antwoord is eintlik baie eenvoudig. Maar om dit uit te leef en te glo is n uitdaging op sy eie, MAAR baie moontlik inderdaad!

God se Woord sê in die boek van Jesaja hoofstuk 43 dat Hy jou by jou naam geroep het, en dat jý Syne is. Dit is wie jý is, Syne. Ek gee nie om wat of waarin jy glo en of jy glo of nie, dit geld vir elke mens op die planeet of jy nou daarvan hou of nie. Hy het jou gemaak vir tyd soos dié, so,  kom op ñ plek waar jy kan sê en voel jy staan vir iets, want anders gaan jy altyd vir enigeits bly val.

Waneer jy jou eie waarde besef beweeg jy met “purpose“. Jy weet binne jou is jy ierwers heen oppad al verstaan jy nog nie alles nie. Ons hoef nie altyd alles te verstaan nie, maar ons kan altyd hoop, glo en droom. Jy maak besluite met ñ doel gerigtheid binne jou. Jy is nie net nie, jy is want…..? Jy moet gaan besluit hoekom is jy. Ek is omdat ek glo ek ñ roeping op my lewe het om ander te inspireer en te laat weet jy is op aarde met n rede en om die Here te eer in alles wat ek doen en aanpak èn op die slefde tyd dit te geniet!

Jy is hier, so maak die beste daarvan en besef jy is iets werd, anders sou jy nooit hier gewees het in die eerste plek nie! Solank as wat daar ñ klop in jou borskas is en daar asem deur jou longe vloei, kan jy dit sien as ñ teken dat jy iets werd is en geroep is om iets beautiful op die planeet te doen. Jy is die moeite werd!

13237726_1015299861890743_893584139228407458_n

2 thoughts on “Besef wat jy werd is

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: