Versoeking

Versoeking, daai pakkie wat op ñ daaglikse basis voor ons neer gesit word. Soms herken ons dit en soms nie. Soms kies ons om dit raak te sien en ander kere nie. Ons begin verduidelikings en redes soek om dit te regverdig maar op die ou einde van die dag is ñ versoeking presies wat dit sê, ñ versoeking, ñ trap.

Die definisie van versoeking is om iets te soek of om iets te doen wat dalk verkeerd is of dalk glad nie wys is nie.  Dit is iets wat jou kom versoek. Ek dink dit is vrek moeilik om versoeking te weerstaan of te hanteer as jy nie boundries het of ñ vorm van ñ waarde sisteem in plek het nie. Vir mý is die ñ realiteit en ek het my vingers al oor en oor so gebrand. Niks goed het ooit uit een van my versoekings gekom nie, ek moet altyd ñ prys betaal waneer ek ingee. As ek terug kyk, dan besef ek die versoekings was nooit die moeite werd om voor in te gee nie. Maar in daardie oomblik het dit só die moeite werd gelyk of gevoel of dit was regtig ñ oomblik van swakheid gewees selfs soms desperaatheid.

Hoe is dit dat iets of iemand só ñ effek op iemand kan hê dat ek bereid is om ewe sieklik alles wat ek voor staan te op te gee, al is dit dalk net half pad. Alles net vir een oomblik. Hoe goed kan dit nou eintlik wees en wat se soort mens maak dit my? Hoe voel ek na die tyd daaroor en hoekom is daar meeste van die tyd ñ vorm van verwyte betrokke? As daar verwyte is dan weet ek altyd dit was werklik ñ versoeking gewees. Maar dan is dit te laat en soms was ñ duur prys reeds betaal.

Jy as mens kan ñ versoek weerstaan en selfs een wees, soms weetend en soms onwetend. Word ek versoek? Of is ek die versoekker met intensie en motief? Waneer jy jouself ñ verskoeking aspris maak vir iemand anders, wil ek vir jou vra wat gaan eintlik in jou hart aan waneer jy ondersoek sou instel? Wat probeer jy uitlok en hoekom? Wat gaan jy bereik en wat gaan die resultaat wees van jou gedrag? Dink jy verder as net jou eie gevoelens en behoeftes op daardie staium? Of is jy een van daai mense wat net doen wat hulle wil, vat waar hulle wil of trap oor wie hulle wil. Het jy dan nou eintlik respek vir daai persoon of nie? Het jy dan regtig integriteit? Dié is keuses wat elke dag gemaak moet word waneer versoeking ons pad kruis.

My raad aan jou is om te gaan identifiseer waar jy swak is, en wees asseblief tog net eerlik met jouself. Weet waar is jy swak sodat waneer jy versoek word, kan jy weg hardloop of dit vermy. Wees sensitief daarvoor. Dit kan op geen manier ge-entertain word nie. As jy kan, bly so ver as moontlik weg van jou versoeking af. Ek praat nou spesifiek in die konteks van verhouding en slegte gewoontes wat verhoudings kan beïnvloed.

Ek het al baie my versoekings verwar met neskurigheid tot my teleurstelling. Ek moes leer om te stop en vir ñ oomblik stil en eerlik met myself te wees oor wat ek nou gaan maak. Soms het ek gego with the flow, nie eintlik gestaan vir iets nie en dit het gemaak dat mense oor my loop of misbruik maak van my. Ek het altyd so sleg oor myself gevoel na die tyd. My gewete het by my gespook want ek het geweet dat ek in beheer kon wees van wat met my gebeur het. Ek moes van beter geweet het. Daai tiepe spyt is altyd die ergste vir my.

Baie kere, is dit net die idee van iemand waarvan jy hou, of jy ontmoet iemand wat daai 20% het wat jou maat nie het nie. Jy moet gaan onderskei of dit die idee van daardie persoon is wat jou versoek of die persoon self? Ek glo n mens raak verlief op ñ persoon se siel want ons fisiese ligame gaan weg val eendag waneer ons dood gaan. So die voorkoms van ñ persoon behoort nie vir jou te versoek nie. Wil jy die lust entertain of ware liefde? Die een is baie moeiliker as die ander. Dis iets om aan te werk want mooi bly mooi, maar hier is die trick, versoekings is deel van die lewe, aanvaar dit. Dit is wát jy met jou versoekings doen wat saak maak.

Geen mens kan ooit sê hulle is nog ooit deur enige vorm van versoeking nie. Versoekings kom in alle shapes en sizes en elke persoon se versoeking sal verskil. Ons almal is nie swak in die selfde areas nie, en al is ons sterk in sekere areas beteken dit nie ons sal nie versoek word nie.  Maar hoe reik ons uit na ñ generasie wat luister met hulle oë en dink met hulle gevoelens?

1 Petrus 5:8 “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” Dit klink baie harsh maar jy moet verstaan dat hy niks wat goed is jou kant toe sal gooi nie. Jy gaan versoek word veral in die areas waar hy weet jy swak is of sal ingee. Kies om sterker te wees. Moenie dat Satan twyfel en vrees in jou hart kom saai nie. Ek het in my ondervinding geleer die beste manier om met versoeking te deel is om waneer die eerste mossie poep en ek my ogies oop maak in die ogend my tyd by die Here se voete deur te bring al is dit soms 5minute of 30. Ons lewe in ñ stukkende wêreld, ons moet elke dag reg begin sodat Sy genade, insig en wysheid ons deur alles kan dra. Net jý is verantwoordelik vir jou aksies, niemand anders nie.

man_looking_at_other_woman

One thought on “Versoeking

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: