4 Punte om te verseker jou verhouding groei

Groei is baie belangrik in jou verhouding. Daar moet groei plaas vind, en saam plaas vind. Julle kan nie dieselfde mense wees wie julle ‘n jaar terug was nie. Dit gebeur baie dat een persoon ‘n ander verby groei en later kan dit frustrasie bring of julle kan fout soek by mekaar wat daar nie werklik is nie.

Hier is 4 punte om jou te help om te verseker daar is groei in jou verhouding:

  1. VORM EN BOU NUWE MEMORIES EN ADVENTURES SAAM

Kom bietjie uit julle comfort zones uit en pak iets aan wat julle nog nooit gedoen het nie. Of dalk iets wat julle graag altyd nog wou doen. Julle kan dit as ‘n paartjie alleen doen of dalk saam vriende. Jy sal verbaas wees wat jy alles van jouself en jou maat sal leer wanneer julle julself in sulke omstandigehede plaas.

2. JY KEN NIE REGTIG IEMAND TOT EN MET JY WEET WAT HULLE GOALS IN DIE LEWE IS NIE

Om jou maat se doelwitte in die lewe te verstaan en te ken in detial kan vir jou baie van hulle hart vertel en hoekom hulle doen wat hulle doen. Dit sal jou ook baie help om vrae te vra soos byvoorbeeld; Wat het jy nou in die stadium van jou lewe nodig? Wat het jy meer of minder van nodig in julle verhouding? So kan jy seker maak dat julle albei se fokus reg is en saam aan mekaar se drome kan bou en nie net aan jou eie nie.

3. KEN JULLE MEKAAR SE VRESE?

Vrese is deel van die lewe en iets wat ons almal een of ander tyd in die gesig staar. Die geheim is natuurlik om nie die vrese lewendig te begrawe nie, maar eerder om jouself te leer, of met die hulp van ander om met jou vrese te “cope”. Hulle te “face”! Wanneer jy weet wat jou maaikie se vrees of vrese is, kan jy hulle help om daarmee te deel en ‘n pad saam hulle daar deur te stap. Dit gaan julle verseker baie nader aan mekaar bring.

4. DEEL JULLE GROEI MET MEKAAR

Een van my mentors het eendag vir my genoem dat die dag wat ek ophou lees, gaan ek dom word. Ek praat nie van stories en verhale nie, ek praat van leesstof wat jou kan leer hoe om ‘n beter mens en weergawe van jouself te wees. Byvoorbeeld, ek het ‘n probleem gehad met stress en geduld. Ek het boeke begin lees en videos begin kyk waar kenners vir my leer hoe om beter met stress te werk en om meer geduld te kry. Vir my en Chappies (my man) is dit baie lekker om op ‘n daaglike basis ons groei met mekaar te deel en hoe ons goed gaan in plek sit in ons lewe om dit wat ons geleer het reg te kry. Ons hou mekaar verantwoordelik ook, op ‘n respekvolle en soms humoristiese manier. Daar is so baie wat jy nog van jouself moet leer en julle van mekaar, moet nooit dink jy weet alles nie, hou ‘n leerbare hart, altyd. Wanneer julle saam groei gaan julle saam gelukkig ook wees.

Great verhoudings maak die lewe lekker, so werk hard daaraan want dit is immers harde werk, maar so die moeite werd.

Nathanya van Zyl Chapman – Voor-huwelik verhoudings adviseer

Muisneste Blog – http://www.muisneste.com

One thought on “4 Punte om te verseker jou verhouding groei

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: