Want om in verhouding te wees kan n aaklige ervaring wees as jy nie weet wat jy doen nie. Jy kan die res van jou lewe beïnvloed op so veel maniere. Positief of negatief. Die besluite gaan in jou hande wees. So, hoe keer ek dat ek nie misluk nie? Jy rus jouself toe met wysheid en insig, en jy leer natuurlik uit mense om jou se fout en sukses stories uit. Jy gaan ñ hele paar foute van jou eie ook maak. Maar leer daaruit en moenie dieselfde foute oor en oor maak en ander resultate verwag nie.

Muisneste is ñ platvorm waar ons gesels oor die denamika van verhouding. Dit sluit in die uitdagings, vrae en struikel blokke wat ons in die gesig gaan staar waneer dit by verhoudings kom.

Hier gaan ons oor dit alles gesels. Verhoudings kan baie relatief wees, jy moet verstaan dat daar NIE ñ resep is vir die perfekte verhouding nie. Ons as mense is nie perfek nie en ons maak foute, so jy kan maar die druk van jouself af haal deur om te dink jy gaan ñ volmaakte of perfekte verhouding of huwelik hê. Dit is moontlik om ñ gelukkige verhouding en huwelik te hê in vandag se tyd al lyk dit nie om ons so nie.

Ek deel met julle my hart en ervarings. Dié goed wat ek gewens het ek het geweet vroëer in my lewe wat myself baie seer sou kon spaar. Ek moés baie eerlik met myself wees oor ñ hele paar goed en ek moés deur baie werk en leer om op die punt te kom waar ek vandag is. Dis ñ journey wat ek verruil vir niks op die aarbol nie want dit was elke oomblik die moeite werd al was dit soms seer en moeilik.

Mag jy weet dat jy nooit alleen is nie en dat daar ALTYD maar ALTYD hoop is.

Geniet die journey saam met my.

Nathanya